Volgens wet moet mens aandag gee aan jou werk vir die volle periode vandat jy die dag daar begin todat jy huistoe gaan met die uitsondering van teebreke en middagete. Die waarheid is dat mens nie die hele tyd besig is nie. Dit gebeur dat mens oomblikke tussenin aktiwiteite het wat jy niks kan doen nie. As jou hande vry is en jy 'n pen op papier sit, hoekom skryf jy nie ietsie oor die dag sover nie? Sou jy 'n joernaal werk toe vat, kan jy daarin skryf of solank begin met 'n inkopielys of net solank projekte begin lys waaraan jy tuis moet aandag gee. Die aantal goed om aan te werk is amper eindeloos.
Selfs al sou jy nie ietsie wil skryf nie, kan jy 'n diepe teug inasem en net jouself emosioneel vir 'n klein bietjie ontlaai. Dis goed om daaraan te dink dat die situasie waarin jy jouself begewe nie vir ewig gaan voortduur nie. Soos alles in hierdie lewe, teenspoed en voorspoed, hou dit nie vir ewig nie. Mens hoef net stil te raak en te weet dinge sal weer beter gaan.
So dink bietjie weer oor jou dag en kyk of daar nie dalk 'n oomblik of twee is nie waar jy net kan wegbreek met jou gedagtes. Oor die lange duur sal dit jou baat.
No comments:
Post a Comment