Sunday, September 30, 2012

Laaste dag van September

Dis die laaste Sondag van September.  Met sonsopkoms môre is ons in Oktober.  Het die jaar vir jou ook gevlieg?

Hier is wat voorlê in Oktober:

Vir die kultuurgesindes onder ons begin die Mangaung Kultuurfees of Macufe (Manguang Cultural Festival) op Vrydag 5 Oktober en hou aan tot 14 Okteber.  Bloemfontein gaan in rep en roer wees! Hier is 'n skakel na die geleentheid : http://www.macufe.co.za


As jy al die reeks How I Met Your Mother gekyk het, sal jy weet dat Barney Stintson ALTYD 'n pak dra. Jy kan ook! 13 Oktober is International Suit Up Day.  Sleep daai pak nader en as mens vra hoekom, vra hoekom hulle nie weet dis International Suit Up Day nie! Volg die Facebookblad of @ISUDay op twitter.

Hoop jou laaste Sondag van September is een om te onthou. Sien jou in Oktober!

Oor en uit.

Wednesday, February 8, 2012

Oomblikke tussenin

Volgens wet moet mens aandag gee aan jou werk vir die volle periode vandat jy die dag daar begin todat jy huistoe gaan met die uitsondering van teebreke en middagete. Die waarheid is dat mens nie die hele tyd besig is nie. Dit gebeur dat mens oomblikke tussenin aktiwiteite het wat jy niks kan doen nie. As jou hande vry is en jy 'n pen op papier sit, hoekom skryf jy nie ietsie oor die dag sover nie? Sou jy 'n joernaal werk toe vat, kan jy daarin skryf of solank begin met 'n inkopielys of net solank projekte begin lys waaraan jy tuis moet aandag gee. Die aantal goed om aan te werk is amper eindeloos.

Selfs al sou jy nie ietsie wil skryf nie, kan jy 'n diepe teug inasem en net jouself emosioneel vir 'n klein bietjie ontlaai. Dis goed om daaraan te dink dat die situasie waarin jy jouself begewe nie vir ewig gaan voortduur nie. Soos alles in hierdie lewe, teenspoed en voorspoed, hou dit nie vir ewig nie. Mens hoef net stil te raak en te weet dinge sal weer beter gaan.

So dink bietjie weer oor jou dag en kyk of daar nie dalk 'n oomblik of twee is nie waar jy net kan wegbreek met jou gedagtes. Oor die lange duur sal dit jou baat.

Tuesday, February 7, 2012

Koms ons kyk

Hallo daar!

Hierdie blog is gebore uit 'n redelike donker tyd in my lewe. Daardie tyd is nou verby, maar die gevolge leef nog voort. Een van hierdie blog se funksies sal dus wees om daardie spook te verdryf.

Jy is welkom om hierdie reis deur die lewe saam met my te neem. Enige kommentaar is welkom.

Tot 'n volgende keer dan!

Toets

Toets